‘En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ‘n God wees, en júlle sal vir My ‘n volk wees.’
– Die Here wil self met jou kom stap.
– Neem Sy hand en stap saam met Hom.
– Hy sal meer aan jou doen as wat jy jou ooit sou kon voorstel of op kan hoop.
– Jy sal Syne wees, en Hy sal joune wees, jou God en jou metgesel.
Gebed: Vader, ek wil U meer intiem ken, ek verlang om met U te wandel en U voortdurende teenwoordigheid in my daaglikse lewe te ken. As U kind vra ek dat U my Here en my God sal wees. Amen.