‘Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.’
– Laat my toe om jou daaraan te herinner dat HY (die Here) ALLE dinge bymekaar hou.
– Niks val buite sy ‘houkrag’ nie en dit sluit jou lewe in.
– Dit is in God se aard om dinge vas te hou en dinge bymekaar te hou.
– Hy hou jou vas, en Hy hou jou situasie, so rus in Hom.
Gebed: Vader, dankie dat ek nie nodig het om op tydelike en vlugtige dinge te vertrou nie, maar ek kan op U, die Ewige God, vertrou. U het my lewe en my toekoms in u hande, en ek kan veilig in u sorg en vermoë, rus. Amen.