‘ Dit sal ek ter harte neem, daarom sal ek hoop: 22dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want Sy barmhartighede het geen einde nie;…’
– Herinner jouself aan God se liefde en genade vir jou, en word met hoop gevul.
– Selfs wanneer ons uitdagings en moeilikhede moet hanteer, kan ons steeds waag om te hoop.
– God se getroue liefde vir jou, sal nooit eindig nie.
– Die Here se genade teennoor jou sal nooit ophou nie.
Gebed: Vader, ek herinner myself hier en nou, dat U my getroue, liefdevolle God en my genadige Vader is. Vanweë U liefde en genade kan ek dit waag om te hoop en te glo dat U vir my sal sorg. Amen.