‘Die HERE is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.’
– Wanneer ons besef dat die Here al is wat ons het, dan besef ons dat ons alles het wat ons nodig het.
– Moenie jou hoop op ander dinge plaas nie, plaas jou hoop op Hom.
– Sê diep in your hart, ‘Die HERE is al wat ek nodig het; Ek kan op Hom staatmaak’
– Daarom kan jy hoop hê en met vertroue gevul wees.
Gebed: Vader, U is my Alfa en Omega. U is my begin en my einde. Al my hoop en vertroue is in U gevestig en ek maak staat op U vir alles wat ek nodig het. Amen.