‘Toe sê die HERE aan Josua: Staan op;…..’
– Die lewe kan soms moeilik wees, en omstandighede kan ons moedeloos maak.
– Tye van gevaar en moeilikheid is tye wat ‘n verandering in ons harte benodig.
– Ons moet die veranderinge maak wat nodig is en ons pad terug na SY voete, vind.
– Dan moet ons in SY sterkte en krag opstaan, en met geloof lewe.
Gebed: Vader, ek kies om vandag op te staan. Ek sal nie toelaat dat my omstandighede my onder kry of terug hou nie. Ek sal in U krag opstaan en met geloof en vertroue vorentoe beweeg. Amen.