‘Ek (die Here) sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie’
– God is nie van plan om jou te verlaat nie.
– Hy sal nie faal om jou te help nie.
– Jy kan op hierdie feit en hierdie werklikheid vertrou.
– Jy kan op jou Hemelse Helper en Sy hulp aan jou, vertrou.
Gebed: Vader, U is die Rots waarop ek veilig kan staan. Ek besef vandag dat U ‘n vaste Fondasie is omdat U my nie sal versaak nie en dat U my gewilliglik meer hulp as wat ek selfs nodig het, sal bied. Amen.