En toe Josua oud en ver op sy dae was, het die HERE vir hom gesê: Jy is oud en ver op jou dae en daar het nog ‘n baie groot stuk land oorgebly om in besit te neem.’
– Ons mag baie verskonings hê, maar die Here het vir ons nog voorberei.
– Ons mag sê ons is te oud, te moeg, te swak, te moedeloos, maar Hy het nog meer.
– Moenie toelaat dat enige rede ‘n verskoning word wat verhinder dat jy Sy beloftes besit nie.
– Die Here sê vir jou: ‘daar het nog ‘n baie groot stuk land oorgebly om in besit te neem’!
Gebed: Vader, ek gaan voort, en neem besit van die belofte, dat tenspyte van hoe ek mag voel, het U nog land vir my om te besit. Ek verlaar dat ek gewillig en gereed is. Amen.