‘Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.’
– Die Here het ‘n doel en ‘n plan met jou lewe.
– Jy is nie per ongeluk sonder enige bestemming of doel hier nie.
– Doen wat Hy jou gee om te doen, en wees ‘n seën waar jy kan.
– Hierdie is die seisoen om goedhartigheid en liefde aan ander te betoon.
Gebed: Vader, mag my lewe ‘n seën vir diegene rondom my wees. Wys my hoe ek ‘n seën kan wees en vir wie ek ‘n seën kan wees, sodat U liefde deur my die lewens van ander kan aanraak. Amen.