Daaglikse Bybel Vers: Johannes 6:31
‘…. Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet.’
– Die Bybel sê dat ons nie van fisiese brood alleen moet lewe nie.
– Daar is iets goddelik en ewig wat deel van ons lewens moet wees.
– Ons word vertel dat die Here die ‘brood uit die hemel’ is en ons het Hom in ons lewens nodig.
– Ons Hemelse Vader bied vir ons die ware brood wat uit die hemel kom.
Gebed: Vader, ek wil nie iemand wees wat slegs in die fiesiese dimensie lewe nie. Ek wil die realiteit van U in my lewe ervaar. Mag U, ‘die brood van die lewe’ vir my gee dit waarvoor my siel so baie verlang. Amen.