‘Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in My sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.’
– Twyfel kan ons van ons vertroue en sekuriteit in God beroof.
– Wanneer ons moeilike tye moet hanteer, kan dit ons geloof laat kwyn.
– Maar ons moet ons twyfel betwyfel en in die Here ons God glo.
– Moenie langer ongelowig wees nie – glo!
Gebed: Vader, ek wil nie hê dat my lewe soos ‘n golf wat in die see van die lewe rondgeslinger word nie. Ek wil veilig rus, wetende dat ek aan U verbind is en daarom hoef ek nie te twyfel nie maar ek kan met vertroue in my hart glo. Amen.