Daaglikse Bybel Vers: Johannes 20:22
Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees!
– Jou Hemelse Vader wil na jou toe kom en nuwe lewe in jou in blaas.
– Toe God die mens geskep het, het Hy die asem van die lewe in hom in geblaas.
– Toe Sy Seun gekom het, het Hy ook gekom om nuwe lewe in die mensdom te blaas.
– Hierdie lewe het in die vorm van Sy Heilige Gees gekom om binne ons te lewe.
Gebed: Vader, ek ontvang die asem wat U vandag oor my blaas. Ek wil alles hê wat U vir my voorberei en bestem het om te geniet en te ondervind. Laat U lewe deur my lewe vloei! Amen.