‘As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.’
– Daar is baie wonderlike voordele wat ons kan ken wanneer ons aan God verbind bly.
– As sy lewe en sy weë ons lewens deurdring, is alles moontlik.
– As Hy die eerste plek in ons lewens het, kan ons bid, vra en ontvang.
– Beantwoorde gebede is deel van God se wonderlike plan vir jou lewe!
Gebed: Vader, dit is my begeerte en doel om in ‘n lewensbelangrike verhouding met U te bly. Ek verwerp enigiets wat hierdie verhouding kan ondermyn, en ek sien uit na die seëninge wat uit my verhouding met U sal vloei. Amen.