‘Jesus antwoord en sê vir hom: …… Jy sal groter dinge sien as dit.’
– Die Here wil jou vorentoe na groter dinge neem.
– Moenie tevrede wees met meer van dieselfde nie, glo vir meer.
– Hy wil jou van glorie tot glorie en van krag tot krag neem.
– Stel God dus eerste in alles wat jy doen, en kyk wat Hy sal doen.
Gebed: Vader, dankie dat U soveel meer vir my in vooraad het. Ek kies om U hoër op te hef en te glo dat U my sal ophef en my die ‘groter dinge’ sal wys wat ek nog moet sien en ontdek. Amen.