‘Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.’
– Die Here sal jou nooit versaak of verlaat nie.
– Die vrees vir verlating kan een van die mees angswekkendste vrese in die lewe wees.
– Maar sover dit God aangaan, hoef ons nooit sulke vrese te hê nie.
– Hy sal jou nie verlaat nie, maak nie saak hoe jou omstandighede daar uitsien nie.
Gebed: Vader, U is hier, op die oomblik hier met my. U het na my toe gekom, en ek kan aan U vashou, en U sal my vashou. U sal my nooit verlaat nie en my ook nie versaak nie, en my toekoms is veilig, omdat U met my is. Amen.