‘En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid.’
– Jy hoef nie die lewe op jou eie aan te durf nie, die Trooster is met jou om jou te help.
– Die Heilige Gees is aan ons gegee om ons te help en te versterk.
– Jy kan dwarsdeur jou lewe ‘n verhouding met God hê.
– Hy is met jou en Hy sal vir ewig met jou wees.
Gebed: Vader, dank U dat U, U Heilige Gees gestuur het om my metgesel, dwarsdeur my lewe, te wees. Dit is wonderlik om te weet dat ek elke dag kan lewe wetende dat U met my is en dat U my voortdurend sal vertroos, versterk en help. Amen.