‘En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.’
– Die uitdagings wat ons deurmaak, lyk dikwels asof dit ons kan vernietig.
– Probleme kan egter heeltemal ‘n ander doel hê.
– Die Here kan die uitdaging neem en dit verander tot Sy heerlikheid.
– HY kan die toets gebruik en dit omskep in ‘n getuienis tot Sy eer.
Gebed: Vader, U weet wat ek in die gesig staar en waardeur ek gaan. Help my om te besef dat die struikelblokke in die lewe die vastrapplekke na die beter dinge wat U vir my voorberei het, kan word. Amen.