‘En baie het daar in Hom geglo.’
– Ek en jy is geroep om gelowiges te wees.
– Twyfel, ongeloof en onsekerheid behoort geen plek in ons lewens te hê nie.
– Ons behoort aan Hom, ons is Sy kinders en ons kan vertrou en glo.
– Tree weg van twyfel en vrees en kies om nou in Hom te glo!
Gebed: Vader, ek verwerp al my twyfel en vrese en ek kies om my twyfel te betwyfel en my ongeloof vir geloof en my huiwering vir volkome vertroue in U te verruil. Amen.