Daaglikse Bybel Vers: Job 36:5
‘Kyk, God is geweldig , nogtans ag Hy niks gering nie – geweldig deur krag van verstand.’
– Dit is wonderlik om te weet dat ons ‘n magtige God dien.
– Hy verwerp, verag of oordeel ons nie, maar Hy het ons lief en Hy is met ons.
– Mense mag ons verag, maar God aanvaar en ontvang ons.
– Hy verstaan waardeur ons gaan en Hy het die krag om dinge te verander.
Gebed: Vader, U is my Magtige God! U is die Een wat my en my situasie waarlik verstaan. Ek kies om in U liefde en sorg vir my, sekuur te lewe. Amen.