‘Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; ...’
– Hierdie is ‘n wonderlike tyd van die jaar.
– ‘n Tyd wanneer ons die grootste geskenk van alle tye, vier.
– Die geskenk van Jesus aan die wêreld, en aan my en jou.
– Veels geluk en seën aan jou en jou gesin.
Gebed: Vader, dankie vir hierdie wonderlike tyd van die jaar wanneer ons die groot geskenk van U Seun kan onthou en vier. Ons is geseën omdat U, o Heer, U goedheid en liefderyke goedhartigheid oor ons uitgiet. Amen.