‘Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n Seun baar en Hom Immánuel noem.’
– Lank voor die Kersverhaal het God vir ons gesê wat Hy sou doen.
– Die Here doen altyd wat Hy sê Hy sal doen.
– God het die uiterste Geskenk in die vorm van Sy Seun gestuur.
– Nou kan jy weet wat dit beteken om God met jou te hê.
Gebed: Vader, dankie vir die belofte van die Gawe van U Seun en vir die vervulling van daardie belofte toe Hy tussen ons kom woon het. Dit is vir ons so ‘n vreugde om te weet dat God met ons is en ons sal dit altyd hoog op prys stel en waardeer. Amen.