Daaglikse Bybel Vers: Jesaja 65:24
‘En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.’
– God weet al, terwyl ons nog dink om Hom aan te roep.
– Terwyl ons nog die opsie van gebed konsidereer, antwoord Hy al.
– Hy sal hoor, Hy sal antwoord en Hy sal getrou wees.
– Neem dus die vrymoedigheid en roep Hom aan met jou hele hart.
Gebed: Vader, nou dadelik op hierdie oomblik, roep ek U aan My Here en my God. My vertroue is in U, want U sal my antwoord. Amen.