‘…en jy sal wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.’
– Die Here wil hê dat jou lewe iets uniek en spesiaal moet wees.
– Hy wil jou lewe neem en dit in iets moois omskep.
– Hy kan dit wat onvrugbaar en droog is, vat en dit in ‘n meesterstuk verander.
– Hy bring lewe in ons situasies, en Hy onderhou Sy lewe in ons!
Gebed: Vader, U teenwoordigheid in my lewe maak die verskil. Werk in my lewe sodat dit iets uniek en spesiaal kan wees, wat eer aan U bring. Amen.