‘En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak;…’
– Die Here begeer nie dat jy heeltyd moet sukkel en veg nie.
– Wanneer jy uitdagings moet hanteer, wil Hy jou behoeftes bevredig.
– Wanneer jy swak en moeg voel, kom Hy om jou te versterk en bemagtig.
– Wanneer jy nie seker is watter kant toe nie, belowe Hy om jou konstant te lei.
Gebed: Vader, dank U dat U my gids is en daarom het ek niks om te vrees nie. Ongeag, wat ek moet hanteer of deurgaan, U is altyd daar om in my behoeftes te voorsien en om my die krag wat ek nodig het, te skenk. Ek sal U altyd vertrou en op U staatmaak. Amen.