‘…, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.’
– Die Here wil jou sy goedheid en medelye toon.
– Soms kan ons so hard op onsself wees, maar Hy sal goedhartig wees met ons.
– Sy medelye is elke oggend nuut en sy liefde reik altyd na ons uit.
– Hy is jou Here, jou Verlosser en jou liefdevolle Hemelse Vader.
Gebed: Vader, dankie vir U ewige goedertierenheid teenoor my. Dankie vir U medelye teenoor my, wat ek kan geniet selfs al verdien ek dit nie, en dankie vir U groot liefde vir my. Amen.