‘Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie;…’
– Die herstellende krag van die Here is iets waarop ons kan staatmaak.
– Hy betree situasies en draai dit om.
– Hy verwyder skande en bring eer.
– Hy lig die vrees uit ons lewens en gee ons rede om verheug te wees.
Gebed: Vader, dankie vir al die wonderlike dinge wat U vir my voorberei het. In U getrouheid herstel U en bring U ‘n ommekeer in my situasie en omstandighede. Amen.