Daaglikse Bybel Vers: Jesaja 53:5
‘Maar Hy is terwille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.’
– Ons Here het die prys betaal sodat ons in vryheid kan lewe.
– Hy is gestraf sodat ons vrede kon hê.
– Hy was deurboor, verbrysel en het gesterf sodat ons in vryheid en vrede kan leef.
– Wanneer jy Sy dood en die prys wat Hy moes betaal, onthou, wees verheug, dit was vir jou!
Gebed: Vader, dankie vir alles wat U vir my gedoen het. Ek wil stilraak en onthou wat ‘n geweldige prys betaal is en ek wil weereens U liefde vir my omhels en aanvaar! Amen.