‘Ek delg jou oortredinge uit soos ‘n newel en jou sondes soos ‘n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos.’
– Dit is net God wat die vlekke van sonde en mislukking uit ons lewens kan verwyder.
– In Sy groot liefde vir jou wil Hy die rekord van onregte uitwis.
– Jy kan weer met ‘n skoon bladsy begin, in Sy liefde vir jou.
– Laat vaar die verlede met sy berou en omhels HOM in jou lewe.
Gebed: Vader, dankie dat ek oor kan begin, vanweë U liefde en vergifnis teenoor my. Ek glo dat U ‘n nuwe seisoen vir my toekoms voorberei het, en ek maak op U staat as my Verlosser en my Heer terwyl ek U en dit wat U vir my voorberei het, aangryp. Amen.