‘…Ék help jou, spreek die Here, …’
– Die Here wil elkeen van ons help.
– Daar is geen probleem te groot vir Hom om te hanteer nie.
– Daar is geen uitdaging wat vir Hom te groot is om te oorwin nie.
– Wat jy ook al moet hanteer, Hy sal jou help.
Gebed: Vader, dankie dat ek op U kan staatmaak as my Helper en my Hoop. Vandag roep ek U aan en vra dat U in my situasie sal ingryp en my sal help. Amen.