‘Hier is julle God!’
– Die Here het jou nie verlaat of versaak nie.
– Hy is hier, sy teenwoordigheid is nou op die oomblik hier om jou te troos en te ondersteun.
– Kom en lê die laste neer wat jy dra.
– Hy sal die hopelose hart seën en die gebroke hart genees.
Gebed: Vader, dankie dat U hier met my is. Ek hoef nie te vrees nie en ek hoef nie in ontsteltenis of wanhoop rond te kyk nie, want U is met my. Kyk, my God is hier, en Hy is met my. Amen.