Daaglikse Bybel Vers: Jesaja 40:29
‘Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.’
– Ons kan soms swak, moeg, flou en selfs kragteloos voel.
– Die Here weet dat dit ‘n realiteit kan wees en Hy wil intree en dinge verander.
– As jy so voel kan jy weet dat die Here dinge vir jou wil verander.
– Laat Hom kom en jou krag vermeerder en vir jou die sterkte gee wat jy nodig het.
Gebed: Vader, ek ontvang die krag en die sterkte wat U vir my het. Ek kan dapper en sterk loop omdat U dit vir my moontlik maak. Amen.