Daaglikse Bybel Vers: Jesaja 40:28
‘Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.’
– Die Here is die ewige God en Hy ken geen einde nie.
– Die Here is die skepper van alle dinge en tog ken Hy ons intiem.
– Die Here word NOOIT swak of moeg nie.
– Daar is niks wat vir Hom te moeilik of uitdagend is om te hanteer nie.
Gebed: Vader, dankie dat ek U as my bron en hoop kan ken. U word nooit moeg of mat nie, sodat ek altyd na U toe kan kom maak nie saak wat die situasie of omstandighede is nie. Amen.