‘Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape? Hy laat hulle leërskare uittrek volgens getal, Hy roep hulle almal by die naam, vanweë die grootheid van kragte en omdat Hy sterk van vermoë is; daar word nie een gemis nie.’
– Rondom ons word ons omring deur bewyse van God se krag en teenwoordigheid.
– Elke ster het ‘n naam en Hy roep hulle om te skyn.
– Hy ken elke detail van alle dinge, insluitende jou situasie.
– Nie eers een ster word ooit vermis nie, en Hy het jou nie vergeet nie.
Gebed: Vader, ek kies om myself te herinner aan U groot krag en U onvergelykbare sterkte. Ek gee U elke bekommernis en saak wat ek het, want ek weet dat U dit kan hanteer. Amen.