‘Hy sit bo die kring van die aarde, …’
– Dit is wonderlik om te weet dat God oor die wêreld op sy troon sit.
– Die Here jaag nie rond om noodgevalle te hanteer nie.
– Hy sit, in beheer van alle dinge en oor alle dinge.
– Moenie deur slegte nuus ontstel word nie, HY is nogsteeds in beheer.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U oor alle dinge heers en regeer. Daar is niks wat U oorweldig nie, en daar is niks wat U nie geweet het gaan kom nie. U weet, U gee om, en U is lief vir my. Amen.