‘WIE het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met ‘n span die maat geneem? …’
– Ag, as ons net kon begryp en verstaan hoe groot God is.
– Hy hou die dinge wat ons oorweldig in Sy hande.
– Hy het die hele wye wêreld in sy hande.
– In al sy grootheid, maak Hy seker dat Hy jou in Sy hande dra.
Gebed: Vader, help my om te verstaan hoe groot U is. Help my om in die wete dat niks vir U te moeilik is nie, te leef . Help my om te onthou dat ek in U hande is. Amen.