‘Hy sal sy kudde laat wei soos ‘n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; ...’
– Jy het ‘n wonderlike en ‘n goeie herder wat vir jou sorg.
– Hy sal jou Voorsiener wees.
– Hy sal jou dra wanneer jy nie weet watter pad om te volg nie.
– Hy sal jou naby Sy hart hou, sodat jy nie hoef te vrees nie.
Gebed: Vader, ek plaas my lewe en my toekoms in U kragtige hande. Hou my vas, voed my en mag ek weet dat U so naby my is dat ek U hartklop sal hoor en voel. Amen.