‘… die Here Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.’
– Ons krag moet kom van die Een wat almagtig is.
– Ontvang nou Sy krag, en laat dit jou hart vul.
– Hy is ook jou verlosser en jou verdediger – jy staan nie alleen nie.
– HY is die Een wat ons die deurbraak en die oorwinning gee.
Gebed: Vader, dankie dat ek op U kan steun vir my krag. Dankie dat ek na U toe kan hardloop om my te verdedig en te beskerm, en dankie vir die oorwinning en veiligheid wat U my gee. Amen.