‘Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie;’
– Die Here sal jou beslis ondersteun.
– Hy sal jou beslis nie begewe of verlaat nie.
– Jy het elke rede om te vertrou en nie te vrees nie.
– Kyk, God sal jou kom red, vertrou dus en vrees nie.
Gebed: Vader, ek besef dat U die Een is wat ek kan vertrou. U is die Een aan Wie ek kan vashou. U is die Een wat my sal red en daarom sal ek nie vrees nie. Amen.