‘Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.’
– Die Here ken die geheime worstelinge waarmee jy te doen het.
– Hy ken ook die oplossing en hoe om hierdie kwessies die beste te hanteer.
– Jy kan Hom aanroep en Hy kan vir jou onverwagte antwoorde gee.
– Gee Hom dus jou stryd en vrese, Hy sal vir jou sorg.
Gebed: Vader, ek bring vandag vir U, die areas waarin ek stryd, vrese, bekommernisse en twyfel het. Ek vra U om met my te praat en my te wys watter rigting om te gaan. U weet alles en daarom kan ek U aanroep, wetende dat U my sal antwoord. Amen.