‘En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel … en toestroom na die seëninge van die HERE, …; en hulle siel sal wees soos ‘n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie.’
– Die Here kan jou rou in vreugde verander.
– Hy kan in ons lewens in tree en situasies ten goede verander.
– Hy verlaat ons nooit om in wanhoop en ontmoediging te kwyn nie.
– Hy kom altyd om vir ons Sy goedheid en omgee te wys.
Gebed: Vader, U ken dit wat my benoud en bekommerd maak. Ek gee dit vandag vir U. Ek gee U ook die reg om in my situasie te werk sodat ek sal kan terug kyk en U grootheid en liefde vir my sal besef. Amen.