‘Toe het die HERE sy hand uitgestrek en my mond aangeroer. En die HERE het vir my gesê: Hiermee lê Ek my woorde in jou mond.’
– Die Here wil uitreik en jou aanraak daar waar jy dit nodig het.
– Hy sal jou presies gee wat jy in jou situasie nodig het.
– Hy weet wat jy nodig het en Hy weet hoe om daardie nood te vervul.
– Ons grootste nood is om Sy aanraking te ken sowel as Sy teenwoordigheid in ons daaglikse lewens.
Gebed: Vader, ek bid dat ek meer van U bewus sal wees as van die ander mense om my. Mag ek U teenwoordigheid en U aanraaking ken wanneer U my behoeftes bevredig en my lewe salf! Amen.