Daaglikse Bybel Vers: Jeremia 1:5
‘Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig;…’
– Die Here het ‘n hand in elke aspek van ons lewens gehad.
– Voordat jy selfs bevrug is, het die Here jou geken.
– Jy dra die asem van God in jou fisiese liggaam.
– Jy is ‘n ewige wesen, en jy is gebore vir Sy plesier en Sy doel.
Gebed: Vader, U ken my. U het my geken voordat ek in my moeder se baarmoeder bevrug is. U is persoonlik bewus van elke aspek van my lewe en daarom kan ek U vertrou met my toekoms. Amen.