‘Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.’
– Vandag is nog ‘n dag waarin Sy genade en guns aan jou beskikbaar is.
– Hy wil nou op die oomblik vir jou meer genade bewys.
– Die Here het die nederiges lief en reik met guns na hulle uit.
– As jy jouself voor hom verneder sal Hy intree en jou pad gelykmaak.
Gebed: Vader, dankie vir hierdie nuwe dag, ‘n dag waarin ek meer van U genade en guns kan ondervind. Ek plaas my lewe en my toekoms in U hande, wetende dat U van plan is om U guns aan my te bewys. Amen.