‘………, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.’
– Die Here het soveel gereed vir elkeen van ons.
– Soms sukkel ons om dinge te verkry wat Hy vir ons wil gee.
– Ons houding moet wees om van Hom afhanklik te wees.
– Terselfdertyd kan ons die vrymoedigheid hê om Hom te vra.
Gebed: Vader, ek lê vandag al my versoeke en begeertes voor U neer. Ek bring hulle voor U Troon van Genade, wetende dat U vir my omgee en met U is alle dinge moontlik. Amen.