‘Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesleep word.’
– Twyfel en geloof kan nie saamwerk nie.
– Ons kan twyfel of ons kan glo.
– Twyfel beroof ons van ons geloof en veroorsaak onstabiliteit en onsekerheid in ons lewens.
– Wanneer ons glo kan ons vas staan en in geloof met die Here wandel.
Gebed: Vader, ek kies om te glo en ek kies om twyfel en sy metgesel van vrees te verwerp. Ek sal glo, tenspyte van hoe die situasie vir my mag lyk of voorkom. Ek sal vertrou en nie bevrees wees nie. Amen.