‘En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie!’
– Om te luister na wat die Here sê is net een tree in die proses.
– As ons luister maar nie tot aksie oorgaan nie, lei dit tot bedrog.
– Die oomblik wanneer ons luister, hoor en dit op ons lewens toepas, verander iets.
– As gevolg van hierdie verandering neem ons die Here se planne vir ons lewens aan.
Gebed: Vader, mag ek nie iemand wees wat sal luister na U woorde en hulle nie in my lewe toepas nie. Help my om ‘n dader van U woord te wees en help my om U woord op my lewe toe te pas sodat ek alles kan wees wat U vir my bedoel het. Amen.