‘Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.’
– Toetse en beproewinge is almal deel van hierdie reis wat ons die lewe noem.
– Daar is, egter, seën beskikbaar vir die wat dit deurstaan en nie opgee nie.
– Laat ons dus die toets slaag en gereed wees om Sy seën op ons lewens te ontvang.
– Aan die einde wag daar ‘n ‘kroon van die lewe’ wat Hy belowe het, staan dus vas.
Gebed: Vader, mag ek getrou bly terwyl ek die beproewinge en toetse deurstaan wat net vir my bedoel is. Mag ek volhard, aanhou totdat ek die oorwinning behaal wat U vir my voorberei het. Amen.