‘Die wat onder Sy skaduwee sit, sal weer koring laat groei; en hulle self sal bloei soos die wingerdstok;’
– Hierdie is ‘n belofte van God se herstel en oorvloed.
– Ons gaan wel deur seisoene wanneer dit lyk of dinge nie volgens plan verloop nie.
– Maar dit is die Here se plan om ons weer onder Sy hand terug te bring.
– Jou verhaal is nie verby nie, Hy het nog ‘n seisoen waarin jy sal blom en floreer.
Gebed: Vader, dank U dat ek in U die waarborg het dat die beste nog voorlê. Ek kan verwag en uitsien na U guns en seën wat hoop en herstel in my lewe sal bring. Amen.