‘Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan,…’
– Ons moet nie huiwer om God vir Sy genade en hulp te nader nie.
– Ons het ‘n genadige en liefdevolle God wat ons wil help.
– Jy kan met vrymoedigheid in Sy teenwoordigheid kom.
– In Sy teenwoordigheid sal jy die genade ontdek wat jy nodig het.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat ek met vrymoedigheid voor U en in U teenwoordigheid kan kom. U ken al my behoeftes en U nooi my om in U teenwoordigheid in te tree om die genade en barmhartigheid wat ek nodig het te ontvang. Amen.