‘Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.’
– Hierdie is een van die mees gerustellende skrifte in die woord.
– Moenie toelaat dat die dinge van die lewe jou oordeel tenopsigte Sy getrouheid vertroebel nie.
– Die begeertes van hierdie wêred sal altyd lei tot ontevredenheid.
– Kom ons fokus op die hoofsaak: ‘Hy sal ons nooit verlaat nie’.
Gebed: Vader, help my om altyd te onthou dat ek niks het om te vrees nie, want U is naby. Vergewe my dat ek toelaat dat die verkeerde dinge my aandag aftrek. Ek kies om in U belofte te glo. Amen.