‘Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, want God het ‘n welbehae aan sulke offers.’
– Ons het elke dag vele geleenthede om deur die Here gebruik te word en om ‘n seën te wees.
– Soms is ons so besig dat ons die geleentheid om ‘n seën te wees totaal misloop.
– Moene vergeet om goed te doen en ’n seën vir ander te wees nie.
– Wanneer ons hierdie houding het kan die Here ons gebruik en Hy het ‘n behae daarin.
Gebed: Vader, mag my lewe ‘n instrument in U hande wees waarmee U kan uitreik en die lewens van ander kan aanraak met U liefde en goedheid. Help my om my lewe so te leef dat ek nie een geleentheid mis sal loop om ‘n seën te wees en om U te behaag nie. Amen.